Select your Top Menu from wp menus
  • Instagram
  • TikTok
𝐄𝐄𝐑𝐒 π€π‘πŒππ„π„ 𝐃𝐀𝐍 𝐊𝐎𝐌 π‡π€π‘π€πŒππ„π„

𝐄𝐄𝐑𝐒 π€π‘πŒππ„π„ 𝐃𝐀𝐍 𝐊𝐎𝐌 π‡π€π‘π€πŒππ„π„

Die gebrek aan verbeelding by Namibiese se gekose en aangestelde leiers van die politieke β€œfood-for-work program” –wat met β€˜n parlementΓͺre mombakkies rondloop– is met enkele uitsonderings NamibiΓ«rs se eie skuld.

β€’ Almal se skuld.

Skinder van mekaar in die hoogste stoele het β€˜n voorvereiste vir politieke bevordering of karaktermoord geword. Nie oor skinder nie, maar oor genoeg NamibiΓ«rs wat elke skinderstorie wil glo en beter wil oorvertel.

β€’ Die President sal eers ’n paar donkies uit haar span moet uitspan voor NamibiΓ« die pad heel byster raak.

Dan sal die land kan begin om in een rigting te trek. Sy kan nie verwag dat NamibiΓ«rs in spanne sal speel wat mekaar by jeugkongresse op Swakopmund en Swapo-takvergaderings op Grootfontein met die vuis slaan en later weens openbare dronkenskap moet verdaag nie.

β€’ Hoog in die takke vergaderings?

πŽππƒπ„π‘π’πŽπ„πŠ 𝐓𝐄𝐑 𝐏𝐋𝐀𝐀𝐓𝐒𝐄

Donkie kan president Ndaitwah oplaai en ’n draai by die Swapo-hoofkwartier gaan gooi om te kyk of sy nog ’n party het.

β€’ Simpel Sophie is net te stil vir NamibiΓ«rs om die vrede te vertrou.

Wie glo nog ’n minister, permanente sekretaris en direkteur wat sΓͺ dit is β€œbusiness unusual” as dit van die β€œusual suspects” af kom, wat meer op TikTok as op kantoor is?

β€’ Die probleem met TikTok is dat jy of Tik of Tok kan gebruik, maar nie moet mix nie.

Die gevolge is net so erg as sou Kashipembe en Ombike met ’n glas brandewyn gemeng word.

β€’ Gaan vra vir Balotti — wat homself weens sy politieke onnoselheid oor Nanso — onder Facebook-sensuur moes plaas. Of het hy opdrag gekry om op te hou om soos ’n kaartmannetjie op β€œsocial media” tekere te gaan.

Wie het hom ’n beksak aangesit? Pres. NdaΓ―twa(h) of pastoor Steenkamp?

β€’ Dalk is donkie verkeerd en het ’n Balotti — wat so bekend as ItaliΓ« se β€œskewe toring van Piesang” wil wees — β€œsocial media”-selfmoord gepleeg.

β€’ Of is hy by die Statebondspele in Glasgow saam met |Ithula.

Hulle behoort die Namibiese span ten minste op β€œlooks” alleen gehaal het.

β€’ Balotti is NamibiΓ« se hoop vir die β€œstand-up comedian”-goue medalje en kan nog die wΓͺreldrekord vir politieke onkunde opstel.

Hy en van sy aanhangers kan sommer ’n aflosspan ook inskryf.

Balotti het juis in die Nkurenkuru β€œMr Bean look-alike”-kompetisie die eerste plek losgeslaan en die regte Mr Bean het tweede gekom.

β€’ Coach wat nie ’n coach nodig het nie!

πŒπ„π„π‘ π€π†π“π„π‘π”πˆπ“ 𝐀𝐒 π•πŽπŽπ‘π”πˆπ“

Hoe meer vordering by hospitale en skole afgekondig en aangekondig word, hoe meer word NamibiΓ«rs bedank dat hulle die probleme onder die aandag van die leierskap bring en dat dit aangespreek sal word.

β€’ Ag asseblief los AI en gebruik β€œcommon sense”!

Bly die sogenaamde leiers nie in NamibiΓ« nie en kom hulle net af en toe op ’n ampsbesoek aan NamibiΓ« om inkopies af te laai en hoor dan toevallig van die jarelange probleme?

β€’ Wat is die feite?

Daar is skoolmeisies – selfs in die laerskole — wat geboorte moet skenk nadat hulle onderwysers hulle swanger gemaak het en nou onder bome voor hospitale en klinieke moet slaap omdat hulle mediese sorg moet kry by ’n paar duisend verpleegsters en gesondheidswerkers wat nie gekwalifiseerd is nie en nie naby inrigtings toegelaat word nie.

β€’ Die wag nie swanger is nie, hurk agter bosse en bome omdat hulle nie toilette het nie.

En nog ’n paar honderd ly aan voedselvergiftiging wat hulle met skoolkos ingekry het.

β€’ Praat die vroue in die regering van NamibiΓ« nie hieroor nie, maar vertel mekaar net hoe mooi hulle lyk op TikTok?

𝐁𝐄𝐖𝐀𝐀𝐑 ππ€πŒπˆππˆπ„Μˆ 𝐒𝐄 ππŽπŒπ„ 𝐄𝐍 ππŽπ’π’π„

Bome in NamibiΓ« moet nie bewaar word om klimaatsverandering teen te werk nie.

β€’ Bome moet bewaar word, want dit is belangrike toekomstige klaskamers, toilette en selfs wagkamers by hospitale sonder medisyne, en waar mense vir dae sit en nagte oornag ingeval die Panado’s kom.

Binne en buite NamibiΓ« se dorpe sit ’n mens agter elke bos of pie langs die pad.

β€’ Selfs die wat die Pohamba-tenders gekry het om toilette te bou, het nie toilette om te gebruik nie, want daar is nie water nie. Windhoekse inkopiesentrums het meer water as hele gemeenskappe in die landelike gebiede.

In Windhoek is taxibestuurders, polisiemanne en spietkops met blaasprobleme skouer aan skouer op straat.

β€’ Behalwe as inwoners misverstaan en die taxibestuurders net hul oplaaiplekke afmerk soos Etoshajakkalse.

Duisende leerlinge is die enigste kinders wat kleintyd leer watter kant die voorkant van ’n boom is, want die agterkant is die agterent se kant.

β€’ Meeste NamibiΓ«rs sal goue medaljes in die hurksit- en paddaspring-Statebondspele verower het.

πˆππ‚ 𝐒𝐄 π€π…π‘πˆπ‚π€π π†π‘π„π˜ π•π‹πˆπ„π† 𝐖𝐄𝐄𝐑 π•π‘π˜

Die tandarts en grondwetlike pappegaai wat nog nie kan besluit of hy van Skotland of NamibiΓ« is nie, ene Panduleni Ithula van die IPC, wil nou hΓͺ die President moet die Nasionale Vergadering ontbind omdat daar nie wette deurgevoer word nie.

β€’ Weet hy nie dat die enigste wet wat sy IPC ondersteun het, hul eie salarisverhoging was nie?

Wil hy nou hΓͺ hulle moet werkloos en salarisloos ook wees?

β€’ Het Ithula nou sy eie verstandtande weens ’n gebrek aan pasiΓ«nte getrek?

Mamparra!

Related posts