Die super-Namibiese afvaardiging na Sjina was super-histories vir president Dr. Netumbo Nandi-Ndaitwah, maar terselfdertyd super-omstrede met Swapo-huismoles wat nou internasionaal uitgestal en erken word.
โข Daar was ongetwyfeld โn handjievol van Namibiรซ se mees gerespekteerde sake- en regeringsleiers in die span, maar hulle was by verre oorskadu deur die politieke tsotsies, professionele werkswinkelgangers, S&T-misbruikers en selfaangestelde lofsangers vir president Ndaitwah. Sy weet miskien nie wie met die boek van lofliedere in een hand staan nie, maar met โn mes in die ander wat hulle met die eerste geleentheid in haar rug sal druk.
Elke taxibestuurder en passasier weet wie die president ondermyn, en enige man op straat sal sonder aarseling โn naamlys van โn dosyn korrupte politici en amptenare kan gee. Daar is konsensus.
โข Dit is verbasend dat daar plek vir nรณg โn mes in die president se rug is.
๐๐ฃ๐ข๐ง๐๐ฌ๐ ๐ค๐๐ฅ๐๐ง๐๐๐ซ ๐ฏ๐๐ซ๐ฌ๐ค๐ข๐ฅ ๐๐๐๐ ๐ฆ๐๐ญ ๐๐๐ฆ๐ข๐๐ข๐ฬ
Toevallig is dit volgens die Sjinese kalender die Jaar van die Perd, maar Sjina sal bly wees om te hoor dat dit in Namibiรซ die Jaar van die Donkie is, ter ere van die minister van Vervoer, mnr. Veikko Nekundi, en sy uitgebakte vroueleier, me. Eunice Ipinge.
In Namibiรซ dra van die donkies nou Sjinese pakke sodat hulle beter gesien kan word in die nag.
Leer hulle net om soos zebra hul pajamas in die aand aan te trek en aan te hou..
Dit is miskien die rede waarom Nekundi ook deel van die ampsbesoek aan Sjina was. Daar is โn boggel vir alles wat nie โn hobbel is nie. As hy wakker was en soos โn donkie sy oogklappe afgehaal het en minder in vergaderings slaap, sou hy gesien het daar is ook spoedwalle vir voetgangers in Sjina omdat mense met selfone teen die oor in mekaar vasloop en soos in Namibiรซ op selfone in die parlement vir hulleself kyk.
Dalk moet hy dit vir Gibeon oorweeg? En het hy nie gesien dat marathon chicken, Omuthiya-resieshoenders en langstert-rondloperhonde, soos Ovitoto se Okahandja-beeste, ook in die strate van die Noorde rondloop nie?
Dit is dalk Meatco se beeste wat dagga ingekry het by die Linden-voerkraal. Dit sal dalk goedkoper in Sjina wees om vir onwettige “highway”-voetgangers baadjies te gee as om spoedbrekers op te sit.
๐๐ข๐ ๐ฅ๐๐๐ฌ๐ญ๐ ๐ฅ๐๐ ๐ข๐ฌ ๐ง๐๐๐ฒ
โn Paar adviseurs moet โn paar klappe kry. Is hulle moedwillig, dronk of onnosel, of al drie?
Namibiรซrs het baie van die magtige Ndaitwah-besoek en โn afvaardiging van 150 regeringsleiers, CEOs en mislukte staatsondernemings gesien, maar ook die verbysterende nuus gehoor van Stiena Wu, die Namibiese madam-Sjinees wat nou die hoof-ekonomiese adviseur van die Pan-Afrika Vroue-organisasie is en op NBC-TV gelyk het asof sy die baas van me. Ndaitwah se gaste was.
โข Etse, takamiese madame.
โข Stiena Wu, wat nie eers vir haar eie geldprobleme raad het nie, is volgens Ipinge aangestel omdat sy geld het en Namibiรซrs wat nie geld het nie, te veel praat.
Haar Marigold Hotel, wat soos โn love hotel in Piong Tong lyk en wat bitter min Namibiรซrs nog van binne gesien het omdat hulle nie polisie- of weermagoffisiere, Home Affairs-amptenare of regional councillors is nie, is amper op โn bankrotvendusie verkoop. FNB het nog laas by haar geld gesoek en beide sake is in die hof. NamRA soek ook โn paar rand, en dit is openbare nuus.
Op Hentiesbaai en by Kaap Kruis vra die robbe wie hulle so kapater en NamRA wil ook weet. Shivute en Wu was saam, hy moet haar bietjie vra of praat hulle nie met mekaar nie.
โข Uit die bloute verneem die land dat sy saam met Valerie Aaron van Okahandja-faam vir president Pohamba โn geskenkie gevat het en dat sy vir president Ndaitwah nou ten hemele prys.
Net toe Namibiรซrs gedink het sy is eintlik Shaningwa se vriendin wat geld vir Swapo se verkiesingsveldtog in Sjina sou soek. Dit het ook nooit gebeur nie, en Stiena het toe maar besluit om stil te bly, want dit was die oggend wat sy by die Marigold Hotel ontbyt met Development Bank of Namibia gehad het om haar skuldstories op te los. Wat nie gebeur het nie.
Van haar beloftes oor ontbyt het nie veel gekom nie. John Steytler, ook โn ekonomiese raadgewer van faam, kan dalk meer lig op die ou sake werp, want hy was daar. Is dit vir NamRA en Sam Shivute die Jaar van die Skilpad of Blindemol as dit by Stiena Wu kom, of is die Marigold โn soewereine staat soos die Vatikaan?
โข Wu nou?
๐๐ฐ๐๐ฉ๐จ-๐ฏ๐ซ๐จ๐ฎ๐๐๐ฎ๐ซ๐ ๐๐ซ๐จ๐จ๐ซ๐ฅ๐จ๐
Diegene wat nie agterkom dat die vroueburgeroorlog in Swapo nie โn einde wil kry nie, bly dalk in Sjina en kuier net in Namibiรซ.
As daar nog enige Namibiรซr oor is wat dink dat Swapo se vroue met mekaar vrede het of gou gaan vrede maak, het Stiena Wu, wat verkeerdelik beskryf word as โn “business tycoon”, terwyl sy โn โpolitieke baffoon slim laat lykโ, se eie sosiale media-spoggerigheid haar doodsteek te verwag.
โข Bob en Jan?
Sy is in Namibiรซ โn groter simbool van verdeeldheid as die Groot Muur van Sjina self. Amper so oud ook.
โข Gaan vra die voorvroue van Swapo wat hulle dink van die nuwe finansiรซle wonder wat โn uitgewaste Swapo-vroueleier, Eunice Ipinge, ontdek het.
Stiena Wu, wat nou haar hoofraadgewer is, se eie raadgewer is ene Whiskey Charlie, wat die politieke loopbaan van ene goewerneur Wakudumo gekelder het, en die inwoners van Kavango-Oos en Kavango-Wes Bonifasius uit sy kantoor uit betoog totdat hy verplig was om Whiskey Charlie se aanstelling terug te trek.
โข Charlie en Wakudumo moet maar kyk hoe loop die duiwelskloubesigheid daar in Divundu.
Geeheueverlies of babelaas, Uncle Charlie?
๐๐ฃ๐ข๐ง๐๐ฌ๐ ๐ ๐ซ๐๐ฉ ๐ฏ๐๐ง ๐๐ข๐ ๐ฃ๐๐๐ซ
As dit nie die Jaar van die Perd was nie, maar die Sjinese Jaar van die Aap, kon Namibiรซ gelag het vir die aankondiging dat tradisionele Sjinese medisyne in Namibiรซ bevorder gaan word om die jeug te bemagtig en rykdom te skep.
โข Gaan Namibiรซ se renosterhoring nou plaaslik gemaal word om waarde toe te voeg voordat dit uitgevoer word?
โข Gaan ietermago-skubbe in Tsumkwe opgekap word en met donkievet gemeng word om vir rumatiek te help?
โข En gaan die robbe se “rodde” op Hentiesbaai gedroog word om saam met haaivinsop die gestel skoon te maak?
En laastens, die laaste hospitaal wat Sjina geskenk het, het op Omuthiya maande lank in onbruik verval omdat die destydse minister van Gesondheid, Richard Kamwi, geweier het om dit amptelik te open omdat dit nie aan basiese standaarde voldoen het nie.
โข Namibiรซrs is te min om onnosel te wees en vergeet nie so maklik nie. Stiena Wu kort self โn ekonomiese adviseur. Dalk later ook nog โn regsadviseur.


