Select your Top Menu from wp menus
  • Instagram
  • TikTok
Ondermyn is die “Name of the Game”

Ondermyn is die “Name of the Game”

Die politici moet van hul troontjies begin afklim. Hoe hoër hulle klim, hoe laer is Namibiërs se opinie van hulle.

Namibiërs is dalk arm en werkloos, maar hulle is nie onnosel nie. Hulle is veral nie die slaansakke van parlementariërs wat nie die land, sy gees of die groeiende volwassenheid van die mense respekteer nie.

• Inwoners van die land “bou” al vir die afgelope 35 jaar aan onafhanklikheid, vrede en stabiliteit, en dit is heelwat langer as die 23 jaar wat elke “politieke botjotso en skollie” beweer hulle vir onafhanklikheid “geveg” het.

Is onderwys al so lank hopeloos, of is dit nie belangrik omdat dit nie op “tok-tokkie Google” of AI is nie?

• Die vrede, stabiliteit en beleggingsvriendelikheid wat ’n hele land, ongeag hul geskiedenis, afkoms of politieke voorkeure, geskep het en nog steeds in stand hou, lyk heelwat anders as Swapo se vroue-burgeroorlog wat erger, en nie beter, word nie.

SWAPO-leiers in gevaar

Nou dat Namibië ’n demokrasie is en geen politikus ’n vyand behoort te hê nie, besluit die regering om polisiebeskerming aan Swapo se sekretaris-generaal, “Silly Sofie” Shaningwa, te gee.

• En moet die NDF nou die arme polisieman teen Shaningwa beskerm?

As me. Shaningwa die regte ding wou doen, kon sy die beskerming van die polisieman van die hand gewys het, aangesien sy die SG van ’n vreedsame Swapo is.

• “Simple Sophie” en haar nuwe beste vriend en Swapo-president, me. Ndaitwah, behoort Namibiërs in hul vertroue te neem oor wie die veiligheid van me. Shaningwa bedreig.

Die hele land sal haar beskerm!

Kaartehuis stort vinnig ineen

Namibiërs hoor nou hulle is, volgens internasionale indekse, eerste in Afrika en agtste in die wêreld wat geslagsgelykheid betref.

• Geluk!

Namibië se prestasie is uniek, want dit is ook eerste wat geweld teen vroue betref, en tweede in die wêreld wat alkoholverbruik per capita betref.

• Dit word bevestig deur politieke uitsprake van politici, van uraanverryking tot rysplantasies wat ’n Sjinees sal laat bloos.

Die nuwe, selfaangestelde minister van korrupsie, Sankwasa (“James Bond” Sankwasa) van Zambezi, moet eers vir Namibiërs vertel wat daar in sy tuisland met die Kalimbizo-rysprojek, reg langs Mumbala, gebeur het. Miskien verstaan die res van Namibië verkeerd en is die miershope in die verlate Kalimbizo-landerye ’n rysmier-teelstasie.

• Die eenheid waarmee die president van konferensie tot konferensie spog en aan beleggers verkoop, is nie eers in haar kantoor nie.

• Dit is “fake”, man.

Nuwe Nama-reservaat

So “fake” soos die nuwe laagtepunt van die LPM se Bernhardus Swartbooi se beledigings van die jeugdige vroulike minister, Esperance Luvindao, se “swartgeit”.

• Sankwasa is swarter as Luvindao, en Swartbooi is meer ’n Witbooi as ’n Swartbooi.

Swapo self het ’n probleem met die “Twitter en X-influencers” wat deur ’n ongeïdentifiseerde kabaal in die Nasionale Vergadering beland en ’n parlementslys vir me. Ndaitwah gegee het wat duidelik sabotasie van haar mooi idees is.

• Net toe sy die Zambezi paai met ’n paar aanstellings uit die streek, oorhandig die “afstigters” ’n petisie vir afstigting aan die polisie.

Weet Sankwasa niks van die nuwe beweging nie, net soos hulle niks van die ou “afstigters” geweet het nie?

Namaland is vir Namas

Die slagkreet van oorlede Katriena Hanse van Aranos se Rooiduin-lokasie herleef nou weer, en Namibiërs onthou dat Hurricane Katriena vir Sankwasa gesê het dat Namaland nie vir Capriviane is nie.

• Het hulle vergeet? Namibiërs het nie.

Ballingskap, ’n oplossing

Swartbooi moenie Namibiërs dreig nie. As hy nie van Namibië as ’n eenheidstaat hou nie, kan hy trek en in ballingskap in die Noord-Kaap gaan vestig.

• Daar is ’n plekkie, Hottentotsbaai, wat ’n rustige en gemoedelike aftree-oord is.

Namibië verwag eerlikheid

Wil die polisie, Swartbooi en die hof nie vir Namibiërs vertel wat geword het van die saak van Magdalena !Horases, wat aangekla was vir die onwettige handel in dwelms nie?

• Sy is glo LPM-bloubloed, en dit was in 2020 haar tweede botsing met die gereg oor dwelms, mandrax en cannabis.

Geen wonder boere het begin om in die Otjiwarongo-omgewing met dagga te boer nie.

Arme, arme Netumbo

Wat is die waarheid?

Die waarheid is dat haar deur nooit toegaan nie, soos die werksoekers en mislukte politici wat voor haar staan en ’n werk soek. Nou is dit skaamteloos.

• Wil sy nie maar die nuusberigte oor haar ambassadeurs Google en deurgaan nie, aangesien sy so ’n noukeurige denker is?

Toe Namibiërs laas van Vaalgras se Mbuende-Hinda gehoor het, was sy in die skeihof, en haar man, Kaire Mbuende, is in die parlement deur haar beskuldig van ’n verhouding met ’n mede-parlementariër. Dr. Mbuende, wat nou hoof van Nasionale Beplanning is, het so goed beplan dat hy sy beeste by die hof van Mbuende-Hinda moet terugeis, wat sy geleen het om ’n Landbank-lening te kry.

• Dit was nou goeie beplanning, en nog is die einde van die politieke hinderlae nie in sig nie.

Die land moet dalk eers ophou spog oor sy politieke geslagsgelykheid totdat Swapo se vroue-burgeroorlog verby is, dalk nie 23 jaar nie.

• Net vier.

Related posts